Sonbrand | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
’n Sonverbrande kind. | ||
ICD-10 | L55 | |
ICD-9 | 692.71 | |
MedlinePlus | 003227 | |
MeSH | D013471 | |
Mediese waarskuwing |
Sonbrand is 'n oppervlakkige velinflammasie wat veroorsaak word deur erge blootstelling aan die son of kunsmatige ultravioletstrale. Dit beskadig die oppervlakselle van die vel en klein onderliggende haarvaatjies. Erge sonbrand lei tot die vorming van waterblasies, wat binne 'n paar dae oopbars en die vog vrystel wat onder die epidermis opgedam het. Hierna herstel die gebrande vel weer geleidelik tot sy vorige voorkoms.
Sorg moet gedra word teen sonsteek (erge inflammasie en elektrolietwanbalans) en die opdoen van gereelde sonbrand, wat aanleiding mag gee tot karsinoon (velkanker).